학술논문

Meester-wiskundeonderwysers as mentors in ondervoorsiene en benadeelde skole.
Document Type
Article
Source
Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie. Dec2009, Vol. 28 Issue 4, p340-354. 15p. 2 Charts, 2 Graphs.
Subject
*MENTORING in education
*TEACHER development
*MASTER teachers
*MATHEMATICS teachers
*MATHEMATICS education
*DISADVANTAGED schools
Language
Afrikaans
ISSN
0254-3486
Abstract
Hierdie artikel het ten doel om oorsigtelik 'n insae te bied in 'n mentorskapinisiatief wat geïmplementeer is om onderwysers in hul eie wiskundeklaskamers en komplekse sosiale skoolkontekste te ondersteun en professioneel te ontwikkel. In die geval van die Onderwysermentorskapsprogram (OMP) is wiskundeonderwysers gemonitor wat jare se ervaring het, maar wat self óf nie oor voldoende kwalifikasies beskik nie, óf, wat nie deur hulle eie toedoen nie, nooit blootgestel was aan uitnemende wiskunde onderrigpraktyke nie. Die impak van die vierjaarlange program word bondig statisties weergegee, terwyl die kwalitatiewe temas wat onderwysers self versoek het, soos vakkonseptuele- en assesseringsondersteuning verhelder word. Laastens word 'n teoretiese raamwerk vir realistiese professionele ontwikkeling aan die hand van die konsep "Sone vir Proksimale Ontwikkeling" verken. [ABSTRACT FROM AUTHOR]